SA kan nog ‘n verhoging in kragtariewe verwag
Suid-Afrikaanse verbruikers kan nog ‘n verhoging in kragtariewe verwag as die energiereguleerder Nersa die aanbeveling van sy elektrisiteit-subkomitee goedkeur. Die aanbeveling behels ‘n drastiese verhoging in Eskom se dieselbegroting. Nersa sal besluit of Eskom daarop geregtig is om volgende jaar 32 persent meer inkomste vanaf kragverbruikers te verhaal en, indien nie, watter persentasie verhoging hy sal toelaat. Hy sal ook aankondig met hoeveel kragtariewe sal styg. Eskom het aansoek gedoen om ‘n verdere verhoging van 10 persent.