SA meld cholera-verwante sterfte aan
Die buurland se gesondheidsminister, Joe Phaahla, het die eerste cholera-verwante sterfte in Suid-Afrika bevestig sedert ‘n uitbreking vroeër vanjaar aangekondig is. Die bevestigde gevalle het tot vyf gestyg. Drie gevalle is ‘n paar weke gelede aangemeld. Die vierde geval is in die Alexandra-township in Gauteng bevestig en is ‘n 28-jarige man wat glad nie plaaslik of internasionaal gereis het nie. Die vyfde geval is ‘n 24-jarige man van in Ekurhuleni, ook met geen geskiedenis van reis nie.