SA nader Strafhof oor ‘Gaza-volksmoord’

Suid-Afrika het ‘n saak teen Israel aanhangig gemaak by die Internasionale Strafhof en beskuldig die land van volksmoord teen Palestyne in Gaza. Meer as 21 500 mense is reeds in die strook dood. Die buurland beskryf Israel se optrede as “volksmoord van karakter omdat dit bedoel is om die vernietiging van ‘n wesenlike deel van die Palestynse nasionale, rasse- en etniese groep teweeg te bring”. Intussen het die Biden-administrasie vir die tweede keer die maand die Kongres omseil om nood wapenverkope van meer as 147 miljoen Amerikaanse dollar aan Israel goed te keur. President Joe Biden kom onder skoot vir sy volgehoue ondersteuning van Israel met peilings wat toon net 33 persent van Amerikaners keur sy optrede goed.