SA OB-ondervraging duur voort
Die ampklag-ondersoek na die geskorste openbare beskermer in die buurland, Busisiwe Mkhwebane, sal vandag voortgaan met die kruisondervraging van die hoof-ondersoeker, Rodney Mataboge. Daar is besluit die voormalige openbare beskermer Thuli Madonsela sal nie in die ondersoek getuig nie, maar hulle sal verklarings gebruik wat sy ingedien het. Mkhwebane se regspan was nie bereid om die getuienis teen Madonsela te lei nie en beweer die komitee het haar gekaap. Die spanleier Dali Mpofu het ontken hulle probeer die proses vertraag.