SA stel twee nuwe wette in om gryslys te vermy

Suid-Afrika het twee nuwe wette ingestel in ‘n poging om die gryslys te vermy. Die land is uitgelig weens kwesbaarheid teen geldwassery in sy stelsel. Die Finansiële Aksie-taakspan het ‘n verslag gepubliseer wat aandui dat die land nie wêreldwye standaarde handhaaf om geldwassery en die befondsing van terrorisme oor nasionale grense te bekamp nie. Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het in sy begrotingsrede gesê die twee nuwe wette sal aandag skenk aan 15 van die 20 wetgewende tekortkominge wat die taakspan geïdentifiseer het.