SA Tesourie kritiseer weermag se salariskoste
Die Nasionale Tesourie het die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag gekritiseer oor sy stygende salariskoste ondanks pogings om personeel te verminder. Die Tesourie het onthul miljarde rand is bestee om die Weermag te verklein, maar personeelkoste bly die hoogte inskiet. Kommer is uitgespreek oor ongerymde uitgawes en finansiële wanbestuur, terwyl oortydbetaling skerp gestyg het. Die Tesourie sê die Weermag se ongemagtigde besteding het in die 2023/’24-boekjaar 3,5-miljard-rand beloop. Strenger beheer en hervormings word bepleit om stygende koste te verhoed en finansiële oorsig te verbeter.