SA vervoerminister veroordeel vlaag aanvalle op vragmotors

Die minister van vervoer in die buurland, Sindiswa Chikunga, het die vlaag aanvalle op vragmotors in die land veroordeel en sê dié misdadigheid sal nie geduld word nie. Minstens 15 vragmotors is die afgelope paar dae in KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo aan die brand gesteek. Meer as 80 persent van alle vrag in die land word met vragmotors per pad vervoer. Die departement se woordvoerder, Collen Msibi, sê die padnetwerk is die ekonomie se lewenslyn.