SAKP gooi sy gewig agter gesondheidsversekering

Die SAKP doen ‘n beroep op die regering vir beslissende optrede met die instelling van die Nasionale Gesondheidsversekering wat nou in wet is. Die SAKP se leier, Alex Mashilo, sê hulle kan nie genoeg beklemtoon hoe belangrik toegang tot gehalte gesondheidsorg vir alle burgers is nie, ongeag hulle maatskaplike, ekonomiese of geskiedkundige status, want dit is ‘n fundamentele grondwetlike reg. Mashilo sê die Kommunistiese Party sal sy pogings versterk vir maksimum werkersklas-eenheid en mobilisering teen wat hy noem gierige kapitaliste wat die voortuitgang in verskaffing van gesondheidsorg wil omkeer.