SANParke en SA Biodiverisiteits-instituut sluit ooreenkomste met Franse

SANParke en die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteits-instituut het twee ooreenkomste met die Franse ambassadeur, Aurélien Lechevallier, in Pretoria onderteken wat die deure oopmaak vir belangrike streeks- en interkontinentale samewerking op die gebied van biodiversiteit. Die hoof van Frankryk se Infrastruktuur- en Omgewingspan, Ghislain Rieb, sê die eerste vyfjaar-ooreenkoms sal ruimtelike biodiversiteitsbepalings in Suider-Afrikaanse lande ontwikkel. Die tweede ooreenkoms is ‘n vierparty-vennootskap vir die instel van gelyke uitruilings tussen Suid-Afrika en Frankryk.