Sekuriteits-verening van Namibië ontevrede oor tenders
Die Sekuriteits-vereniging van Namibië spreek in ‘n mediaverklaring hul kommer uit oor die onlangse tenders wat deur die Kunene-streeksraad en Namibia Post and Telecom Holdings toegeken is. Die vereniging meen die lone wat aan sekuriteitswagte toegeken word, voldoen nie aan die minimum loon wat volgens die ooreenkoms van die Arbeidswet vereis word nie. Die president van die vereniging, Dhiginina Uutaapama sê hulle vertrou dat hierdie kwessie ernstig opgeneem sal word nadat owerhede ingelig is. Hy hoop dat regstellende maatreëls ingestel sal word om te verseker dat billike en regverdige lone aan die sekuriteitswagte betaal sal word.