Sentrale Verkrygingsraad kanselleer omstrede gesondheidstender
Die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië het die omstrede tender vir die lewering van mediese voorrade aan die gesondheidsministerie gekanselleer. Amon Ngavetene, die voorsitter van die raad het volgens berigte in ‘n brief aan bieërs gesê dat die totale koste die totale kosteberamings deur die ministerie van gesondheid oorskry. Die tender vir mediese voorrade het die afgelope paar weke ‘n openbare herrie veroorsaak, met President Hage Geingob wat ‘n beroep op relevante partye oor hierdie kwessie gedoen het om toe te sien dat die Verkrygingswet tot op die letter gevolg word.