Sesde persoon, 8 jaar oud, sterf in Waukesha

Die agt-jarige Jackson Sparks is die sesde persoon om te sterf as gevolg van die Waukesha Kersfeesoptog-aanval in Wisconsin, Amerika. Jackson het saam met sy bofbalspan gemars toe hy langs sy 12-jarige broer, Tucker getref is. Hy is in die hospitaal oorlede. Darrell Brooks is reeds aangekla van vyf gevalle van opsetlike manslag nadat hy met sy motor in die optog ingejaag het. Meer as sestig mense is ook beseer. Aanklaers sê nog aanklagte is hangende. Hofrekords toon aan Brooks sedert 1997 van tien misdade aangekla.