Sewe vas in een week vir wildmisdaad

Die Namibiese ministerie van omgewingsake het in die afgelope week, vanaf 21 November vier nuwe wildmisdaadsake geregistreer en ses verdagtes is in hegtenis geneem. Daar was twee arrestasies in verband met handel in ietermagô’s en een vel is gekonfiskeer. In die ander gevalle is daar beslag gelê op ‘n lewendige krimpvarkie, een zebra-karkas en koedoe-vleis. Een verdagte is op Okahao gearresteer in verband met ‘n saak van renosterstropery tydens Junie vanjaar. Daar was in die periode 13 verhore in verband met wildmisdaad.