Shinzo Abe sterf
Die voormalige Japanse premier, Shinzo Abe, het gesterf. Die Japannese nasionale uitsaaier het die aankondiging gemaak, etlike ure nadat die 67-jarige Abe in die bors en nek geskiet is deur ‘n 42-jarige man wat op die toneel in hegtenis geneem is. Dokters by die hospitaal het ‘n perskonferensie gehou en sê Abe het hart het reeds gaan staan toe hy by die hospitaal aangekom het. Hulle het vier ure gewerk om hom te probeer red. Getuies het twee geweerskote gehoor terwyl Abe ‘n toespraak gelewer het vir die parlementêre verkiesings wat Sondag plaasvind. Dit was blykbaar ‘n handgemaakte haelgeweer. Die verdagte het volgens berigte gesê hy was baie ongelukkig met Abe. Abe het van Desember 2012 tot September 2020 as Japan se eerste minister gedien. Hy was uiters gewild en het afgetree as gevolg van gesondheidsredes.