Skietwerk vir drie dae op Swakopmund
Die Swakopmund-munisipaliteit sê skietwerk sal vanaf môre vir drie dae weer op die dorp plaasvind. McHughstraat sal tydelik tussen nege-uur soggens en vyf-uur die middag gesluit wees. Die skietwerk van Mawila Technical Services sal ongeveer 30 minute duur. Swaar masjinerie en konkstruksievoertuie sal materiaal aflaai vir die konstruksie van ‘n hoof-rioollyn. Geen ander voertuie sal toegelaat word nie. Die skakelbeampte van die munisipaliteit, Linda Mupupa het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.