Skool vir downsindroom-kinders op Walvisbaai beplan
Die Yahweh Downsindroom-stigting op Walvisbaai beplan om ‘n skool vir downsindroom-kinders te open, omdat daar ‘n tekort aan ‘n bekostigbare downsindroom-skool in die Erongo-streek is. Bonita Antoncich, die ouer van ‘n downsindroom-seuntjie en ‘n medestigter van die skool, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.