Skoolvoedingsprogram gereed vir 2022

Die nuwe skooljaar van 2022 begin Maandag. Met die meeste van die leerders wat van die onderwysministerie se voedingsprogram afhanklik is, het Kosmos 94.1 Nuus by die ministerie uitgevind of die program weer met die nuwe skooljaar gaan begin en of daar ‘n vertraging is. Edda Bohn, die adjunk- uitvoerende direkteur in die ministerie, sê die voedingsprogram verloop soos beplan en sal saam met die skole begin.