Skoolvoedingsprogram help ook plaaslike boere

Die nasionale skoolvoedingsprogram van Namibië is en was nog altyd ‘n belangrike strategie om ongelykhede in onderwys aan te spreek. Die Namibiese onderwysministerie het in die 2022-2023-boekjaar byna 89,2 miljoen Namibiese dollar aan mieliemeel bestee vir 461 829 kwesbare leerders in 1 514 laer- en gekombineerde skole landwyd. Mieliemeel word by plaaslike kleinskaalse boere en handelaars aangekoop as deel van die Homegrown-skoolvoedingsprogram. ‘n Bykomende 5 miljoen dollar sal in die huidige boekjaar aan dié skoolvoedingsprogram verskaf word. Sem Shino, die skakelbeampte van die ministerie, het die belangrikheid van die program met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.