Skoor-voorsitter vra Eskom-lid om verskoning

Die voorsitter van die staande komitee op Openbare Rekenings, Mkhuleko Hlengwa, het ‘n lid van Eskom se raad, Busisiwe Mavuso, om verskoning gevra. Dit het gebeur nadat die twee in ‘n woordestryd gewikkel geraak het tydens ‘n sitting van Skoor in die parlement. Hlengwa sê in ‘n verklaring hy het besluit om om verskoning te vra nadat sy party, die Inkatha Vryheidsparty, hom rigting gegee het. Intussen hou die voormalige Skoor-voorsitter, Themba Godi, vol Hlengwa kon die saak beter hanteer het.