So lyk die toegangsfooie vir Duin 7

Die Namibiese omgewingsministerie het die toegangsfooie vir Duin 7, wat geld vanaf 1 Desember bekendgemaak. Namibiërs onder die ouderdom van 16, en alle nasionaliteite onder die ouderdom van agt, het gratis toegang. Inwoners van die SAOG-streek tussen die ouderdomme van agt en 16 betaal 50 Namibiese dollar en so ook Namibiërs ouer as 16. Enige ander nasionaliteit tussen die ouderdom van agt en 16 betaal 100 dollar, so ook inwoners van die SAOG-streek wat ouer is as 16. Ander nasionaliteite ouer as 16 betaal 150 dollar. Die ministerie se woordvoerder Romeo Muyunda sê fasiliteite by die plek wat in die Dorob Nasionale Park is, word opgeknap met bystand van die Game Products-fonds.