Sokker: Franse bring hulde aan ontslape Wêreldbeker-held

Sokker: Franse spanne gaan in die komende dae hulde bring aan hul Wêreldbeker-held, Just Fontaine, na sy dood in die ouderdom van 89. Hy word spesifiek onthou vir sy ongelooflike 13 doele in ses wedstryde op die Wêreldbeker-toernooi in Swede in 1958. Fontaine het in 2006 tydens ‘n onderhoud gesê hy glo nie iemand sal ooit sy rekord verbeter nie, want twee doele per wedstryd in sewe wedstryde is nodig om dit te bereik. Hy het Frankryk tussen 1953 en 1960 in 21 wedstryde verteenwoordig en daarna die nasionale span en verskeie plaaslike klubs bestu