Sokker: Kaptein Rifiloe Jane lei Banyana Banyana na Wêreldbeker
Sokker: Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, het ‘n groep van 23 spelers aangekondig vir die Vroue-wêreldbeker-toernooi in Australië en Nieu-Seeland wat volgende maand begin. Die ster-voorspeler, Thembi Kgatlana, oor wie se fiksheid daar twyfel was, is ingesluit. Die middelveld-speler, Rifiloe Jane, is die kaptein vir die toernooi. Banyana speel in Groep G, saam met Swede, Argentinië en Italië. Die toernooi word van 20 Julie tot 20 Augustus gehou.