Sokker: Man United deur na kwarteind
Sokker: Manchester United was een-nul agter, maar het teruggeveg en West Ham op Old Trafford met drie-een verslaan om die kwarteindronde van die FA-beker te haal. Hulle sal nou gasheer speel vir Fulham. West Ham het voorgeloop na ‘n doel deur Saïd Benrahma en was 13 minute weg van ‘n onvergeetlike oorwinning voor ‘n eie doel deur Nayef Aguerd en laat pogings deur Alejandro Garnacho en Fred, die Rooi Duiwels se terugkeer verseël het. Tottenham Hotspur is die tweede agtereenvolgende jaar uit die kompetisie uitgeskakel, nadat Iliman Ndiaye Sheffield United in die vyfde ronde tot ‘n een-nul-oorwinning gelei het.