Sokker: Mbappe se skuif sal hooftema van oordragseisoen wees
Kylian Mbappe en sy moontlike skuif na Real Madrid sal na verwagting die hooftema wees tydens die oordragperiode wat Maandag in Europa begin. Mbappe, wie se driekuns verlede jaar nié die knoop vir Frankryk in die Wêreldbekertoernooi kon deurhak nie, sal die hoofonderwerp van bespreking wees. Real Madrid staan voor in die ry om die 25-jarige Mbappe op te raap. Dit is egter nog glad nie ‘n uitgemaakte saak dat Mbappe en die Franse se paaie gaan skei nie omdat hulle geen geheim maak van hul vurige ondersteuning vir hom nie. President Emmanuel Macron het hom in Junie 2022 oorreed om by Paris Saint-Germain aan te bly toe sy skuif na Real byna in die sakkie was.