Spanning tussen VSA en SA kan verreikende gevolge vir streek hê
Die Suid-Afrikaanse minister van finansies Enoch Godongwana het toegegee dat dit verreikende gevolge sal inhou indien die VSA sanksies teen Suid-Afrika instel deur hom uit die Agoa-ooreenkoms te skop. Agoa is die Amerikaanse wet op Groei en Geleenthede in Afrika en het ten doel om Amerika se betrekkinge en steun op die vasteland uit te brei en te verstewig. Godongwana sê die spanning hou ‘n bedreiging in vir handel en beleggings. Hy sê uitsluiting uit Agoa, sal verder as net Agoa strek, en ‘n ernstige knou aan die land en SAOG-streek se finansies toedien.