Speaker maan geskorste OB om aanvalle in media te staak

Die buurland se speaker van die nasionale vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het die geskorste openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, versoek om haar aanvalle in die media oor haar en ander parlementslede te staak. Mkhwebane het Mapisa-Nqakula daarvan beskuldig dat sy geweier het om met haar te vergader oor korrupsiebewerings teen die Artikel 194-komitee. Die parlement se woordvoerder, Moloto Mothapo, sê die inhoud van die e-posboodskappe tussen Mapisa-Nqakula en Mkhwebane bly vertroulik.