Sprinkane nog nie hier
Sprinkaan-plae val saam met die reënseisoen en kom op ‘n tyd wanneer boere vir hul oeste voorberei, veral noudat die swaar reën in die land opgehou het. Sprinkaanplae het verlede jaar verwoesting gesaai met honderde duisende hektaar weiding wat vernietig is. James Uerikua, goewerneur van Otjozondjupa, sê dat hulle nog geen sprinkane het nie, maar hul voorkomende maatreëls is in plek. Hy sê aan Kosmos 94.1 Nuus die enigste probleem wat hulle nou het, is die gebrek aan reën in sommige dele van die streek.