Stad Kaapstad suksesvol met sy sportgeleenthede

Die Stad Kaapstad sê hy het ‘n uitstaande maand se geleenthede afgesluit met die suksesvolle aanbieding van die Formule E, die Internasionale Krieketraad se Vroue T20 Wêreldbeker-eindstryd, die Oseane-wedvaart en die Internasionale Yshokkie-federasie se Vrouekampioenskap binne ‘n enkele naweek. Die burgemeesters-komiteelid vir veiligheid en sekerheid, JP Smith, sê meer as 50 000 mense het die geleenthede in die Moederstad bygewoon.