Stad Kaapstad verseker veilige kraanwater
Die Stad Kaapstad sê inwoners kan seker wees die water wat uit hulle krane kom, is van die hoogste gehalte en veilig om te drink en te gebruik. Dit volg ná die dodelike cholera-uitbreking in Hammanskraal, noord van Pretoria. Die burgemeesterskomiteelid vir water en sanitasie, Zahid Badroodien, sê drinkwater gaan deur streng behandelingsprosesse om seker te maak dis veilig om te drink en te gebruik, selfs gedurende lang tye van beurtkrag.