Stad Tshwane gaan aanhou skuld insamel

Die Stad Tshwane sal voortgaan om geld wat aan hom verskuldig is in te samel. Die burgemeesterskomiteelid vir Finansies, Peter Sutton, sê baie ondernemings het ‘n deel van hul skuld aan die stad betaal sedert die veldtog verlede week begin het.