Stadige vordering van grondeise teen Alexkor
Die parlement in die buurland is ontevrede met die stadige vordering om die Richtersveld-gemeenskap in die Noord-Kaap se grondeise teen Alexkor af te handel. Die departement van openbare ondernemings en die bestuur van die diamant-maatskappy het met die Nasionale Raad van Provinsies vergader. Lede van die raad het gepleit vir die spoedige afhandeling van die aktes en die herstel aan die betrokke gemeenskap. ʼn LP van die ANC, Winnie Ngwenya, het die departement versoek om by bestaande vasgestelde tydlyne te hou om die proses te bespoedig.