Stel universele basiese inkomstetoelaag in: VN-verslag

’n Nuwe verslag deur Olivier De Schutter, die VN se spesiale rapporteur oor uiterste armoede en menseregte, vra vir die implementering van ’n universele basiese inkomstetoelaag in Namibië. Ekonomiese skokke en onsekerheid word gekoppel aan hoë vlakke van depressie en angs. De Schutter voer aan dat onvoorwaardelike maatskaplike beskermingskemas ‘n gevoel van sekuriteit kan bied wat geestesgesondheidsuitdagings voorkom. Eksperimente in lande soos die VSA, Malawi, Kanada en Finland toon dat basiese inkomsteskemas sielkundige nood en gesondheidsorgkoste verminder, terwyl dit algehele geestesgesondheid verbeter. Renaani Musutua van die Basic Income Grant Coalition lewer kommentaar.