Styging in huurkostes in eerste kwartaal
Die koste om ‘n woonstel of huis te huur in vergelyking met die koop van dieselfde eiendom het in die eerste drie maande van die jaar gestyg. Leonie Dunn, adjunkpresident van die Bank of Namibia, sê die prys-tot-huur-verhouding, wat die koste van die aankoop van ‘n eiendom vergelyk met die koste om dit te huur, het opgegaan. Residensiële eiendomsverkope bly laag as gevolg van hoë rentekoerse en die vraag na huur-eiendomme bly hoog. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hillie Valombolah, ‘n plaaslike eiendomsagent, wat die situasie verduidelik.