Suid-Afrika op gryslys geplaas

Die Finansiële Aksie-taakspan het Suid-Afrika op die gryslys geplaas. Dit plaas Suid-Afrika in die geselskap van lande soos Sirië, Nigerië, Haiti, Jemen, die Verenigde Arabiese Emirate en Mosambiek. Die waghond se besluit is ʼn sein aan internasionale banke, finansiële instellings en beleggers dat die land nie ten volle voldoen aan standaarde ten opsigte van geldwassery en die finansiering van terrorisme nie. Die taakspan sê op sy webblad die land het onderneem om die geïdentifiseerde strategiese tekortkominge binne ʼn ooreengekome tyd reg te stel en is aan verskerpte monitering onderwerp.