Suid-Afrika wag om te hoor oor nuwe Covid-19-regulasies
Suid-Afrika wag angstig om te hoor oor ‘n moontlike strenger koronavirus-inperkingsvlak. Met vlak-een wat nou geld, het die buurland se Nasionale Koronavirusbevelsraad se vergadering, wat vir vandag beplan was, gister begin. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het die nuwe Omikron-variant as een wat dopgehou moet word geklassifiseer. Die WGO sê die groot aantal mutasies van die variant het ‘n groter potensiaal om vooraf-immuniteit te omseil en kan ook makliker maatreëls soos entstowwe en terapieë systap. Die Presidensie het nog nie ‘n aankondiging gedoen oor wanneer president Cyril Ramaphosa moontlik die nasie gaan toespreek nie.