Swaar neerslae in Kunene beskadig paaie
Koos Verwey van Epupa Lodge waarsku motoriste om versigtig op paaie in die Kunene-streek te bestuur. Hy het gesê swaar reën het tussen Okangwati en Opuwo in die Noordweste voorgekom met paaie se skouers en padoppervlaktes wat beskadig is. Verwey sê hulle is innig dankbaar vir die reën.