Swaar sneeu neerslae vir Oekraïne voorspel
Swaar sneeu neerslae word vanaf vandag in Kiëf verwag, met temperature wat beide gedurende die dag en nag onder vriespunt sal wees, terwyl miljoene mense wat in en om die Oekraïense hoofstad woon met min elektrisiteit en verhitting moet klaarkom. Die netwerkoperateur Ukrenergo sê dat elektrisiteitsprodusente slegs driekwart van die verbruiksbehoeftes kan dek, wat beperkings en onderbrekings regoor die land genoodsaak het. President Volodymyr Zelensky sê dat daar beperkings is op die gebruik van elektrisiteit in 14 uit die Oekraïne se 27 streke. Inwoners kry minimum vier-ure daagliks met elektrisiteit.