Swakara hoop vir herstel vanjaar

Daar is hoop dat die Swakara-bedryf die jaar sal herstel. Die pandemie het ‘n baie groot impak op pelsverkope gehad as gevolg van inperkings en plaaslike produsente was genoodsaak om te fokus op vleisproduksie. Louisa Campbell van Lovedale Farming naby Helmeringhausen het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Sy voeg by dat hulle ook goeie reën ontvang het en dat daar nie sprinkane by hulle voorkom nie.