Swapo tel weer stemme vir sentrale komitee
Swapo gaan volgens wat berig word, die stemme vir sy sentrale komitee weer tel. Dit is aangekondig deur die party se nasionale verkiesingswoordvoerder, Audrin Mathe, wat bygevoeg het dat daar kommer is oor die uitslag. Hy het geen besonderhede in die verband verskaf nie. Talle bekende en hooggeplaaste partylede, onder andere die eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila, het dit nie gehaal nie. Nog prominente persoonlikhede soos Erkki Nghimtina, Evelyn Nawases-Taeyele en Kornelia Shilunga het ook geen sukses gehad nie. Die sentrale komitee is die hoogste besluitnemende liggaam van die party.