Swapo verjaar, Angula sê party het sy visie verloor

Swapo is vandag 62 jaar oud na die party op 19 April 1960 gestig is. Die party gaan op die oomblik deur wat beskryf kan word as die moeilikste tyd in sy geskiedenis en verdeeldheid is een van sy grootste uitdagings. Swapo se hoof doelwit was solidariteit, geregtigheid en vryheid vir Namibië en sy mense maar, volgens die voormalige eerste minister en veteraan Swapo-politikus Nahas Angula, het sommige party-lede die visie verloor.