Taliban verbied die skeer, knip van baarde
Die Taliban het alle haarkappers in die Helmand-provinsie van Afghanistan verbied om baarde te skeer of te knip. Volgens die Taliban is die skeer of sny van baarde teen Islamitiese wette. Van die haarkappers in Kabul is ook die opdrag gegee en gewaarsku dat hulle gestraf sal word as hulle nie gehoor gee nie. Die kennisgewings wat opgesit is sê ook dat niemand ‘n reg het om te kla nie. Die groep het vroeër ook aangekondig dat teregstellings weer sal hervat, soos bepaal deur Sharia-wette.