Teiken was om ANC se magsposisie aan te vat
Kleiner partye het ‘n duidelike boodskap aan sterker partye gestuur dat dit hierdie keer om meer gegaan het as om bloot die ANC uit die kussings te lig. Dis die mening van die politieke ontleder Ralph Mathekga. Hy sê om die ANC uit sy magsposisie te verwyder, was ‘n aanloklike moontlikheid en het die opposisie in Johannesburg, Tshwane, en Ekurhuleni laat saamstaan. Mathekga sê dié rade is egter polities kwesbaar, en partye sal gemeenskaplike redes moet vind om saam te werk om ‘n geslaagde plaaslike regering te verseker.