Tenders vir eko-vriendelike lodges beskikbaar
Die Namibiese omgewingsministerie het twee tenders vir gesamentlike vennootskappe met bewaringsgebiede beskikbaar gestel. Die een tender behels die ontwerp, bou, bedryf en bestuur van ‘n eko-vriendelike lodge in die Salambala-bewaringsgebied in die Zambezi-streek, en die ander een in die Okongoro-bewaringsbied in die Kunene-streek. Besoeke aan die persele vind in Maart plaas en die tenders sluit op 14 April. Die omgewingsministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is belangrik dat gemeenskappe in bewaringsgebiede voordeel uit toerisme trek.