Thabo Bester-ondersoeker pleeg selfmoord
Die Suid-Afrikaanse polisie het bevestig dat ‘n senior ondersoeker in die Thabo Bester-saak vermoedelik sy eie lewe geneem het. Die hoof van die eenheid van georganiseerde misdaad in die Vrystaat, die 59-jarige brigadier Jackson Mkhaulesi, was 31 jaar in die polisiediens. Die kommissaris van polisie, Fannie Masemola, het Mkhaulesi se dood as ‘n groot skok beskryf. Mkhaulesi laat sy vrou en twee seuns agter. Die polisie het intussen die nodige ondersteuning beskikbaar gestel om die brigadier se familie en kollegas te ondersteun. Die polisie se nasionale woordvoerder brigadier Athlenda Mathe sê hulle ondersoek die saak…