Tienerseun in hof vir moord op Hoërskool Overberg-leerder
‘n 17-jarige seun sal na verwagting Maandag in die Caledonse Landdroshof verskyn vir die moord op ‘n leerder van die Hoërskool Overberg, Deveney Nel. Die graad-10-leerder se liggaam is verlede Woensdag in ‘n stoorkamer ontdek kort nadat haar ma haar as vermis aangegee het toe sy nie vir haar skoolvervoer opgedaag het nie. ‘n Polisiewoordvoerder sê na ‘n intensiewe ondersoek het speurders ‘n deurbraak gemaak en die seun Vrydag gearrresteer.