Tiger Woods: Greg Norman moet LIV los
Gholf: Die 15-malige Major-wenner Tiger Woods het ‘n beroep op Greg Norman gedoen om uit te tree as baas van die wegbreek-gholfreeks, LIV. Die 46-jarige speler beskuldig die LIV dat hy vyandigheid aanhits nadat hy talle groot name met groot vergoedingspakkette gewerf het. Dit sluit die Ope-kampioen Cameron Smith, en ander Major-wenners soos Dustin Johnson en Brooks Koepka in. Woods sê hy dink nie die PGA-toer en LIV sal saam kan bestaan solank Norman aan die stuur is nie.