TotalEnergies stoot 50% van sy eksplorasiegeld in Namibië in

TotalEnergies mobiliseer vanjaar byna 50 persent van sy wêreldwye eksplorasiebegroting of te wel, 5,5 miljard Namibiese dollar, na Namibië. Dit volg na sy reuse-ontdekking van ongeveer 13 miljard vate olie aflandig in die Oranje-kom. Die fondse sal op sy Venus-put bestee word met twee boortuie wat ontplooi is en nog tien putte wat hy in die gebied wil boor. Die eerste boortuig, Tungsten Explorer, is op pad na Namibië waar dit na verwagting nog in die huidige kwartaal met boorwerk sal begin.