Trein ontspoor tussen Karibib, Omaruru
TransNamib het bevestig dat sy trein Donderdagmiddag omstreeks half-vier tussen Karibib en Omaruru ontspoor het. Die trein het 12 waens met suur aan boord gedra. Volgens die maatskappy se woordvoerder, Abigail Raubenheimer, is geen beserings aangemeld nie maar, van die suur is gestort. Die gebied is afgebaken en spanne is op die toneel om opruiming en rehabilitasie te begin. Die maatskappy se noodreaksieplan is in werking gestel en die lyn is op die oomblik gesluit met die beplanning dat dit weer teen Sondag oopgestel sal word. ‘n Ondersoek is van stapel gestuur.