Trevor Noah se nuwe boek op pad
Die uitgewer One World beskryf komediant Trevor Noah se nuwe boek as ‘n skitterend geïllustreerde en roerende moderne verhaal oor vergifnis, aanvaarding en die geheim van samehorigheid vir lesers van alle ouderdomme. Die boek – wat nog nie ‘n titel het nie – sal na verwagting later vanjaar uitgereik word. Die vorige boek van die voormalige Daily Show-aanbieder, Born a Crime: Stories from a South African Childhood, het ‘n wêreldwye ‘n nommer-een-blitsverkoper geword toe dit in 2016 uitgereik is. Die boek was 32 weke op die New York Times se lys van hardeband nie-fiksie-topverkopers en het in 2017 die Thurber-prys vir Humor ontvang.