Trump gee homself Donderdag oor in Fulton County
Oudpresident Donald Trump van Amerika het ingestem tot ‘n skuldbrief van 3,8 miljoen Namibiese dollar oor aanklagte van rampokkery en sameswering wat verband hou met ‘n poging om die verkiesingsuitslag in Georgia om te keer. Van die 41 aanklagte is 13 teen Trump. Trump sal homself volgens berigte Donderdag aan owerhede in Fulton County oorhandig waar hy sal geprosesseer word om op die hof se register geplaas te word. Hy sal Woensdag se Republikeinse debat in Milwaukee misloop.